Die einde is oppad.

8 weke dan is dit mid-Desember.

Almal rondom my is moeg ek ook, almal wil party en langs die swembad lê.

Daar is dié van ons wat see toe,dat die son ons ligte Gauteng velletjies blase brand;of tamatie of kreef.

Die jaar hyg voort soos ‘n stoomtrein wat se gô uit is.

Ons hyg voort,ons stoom voort vir die einde van 2019. Net om weer te begin.

Wel ons het keuses elke dag;of om aan te gaan en elke dag te geniet.

Of om net sleepvoet deur die jaar te strompel.

Elkeen is nog hier wat dié lees.So leef elke dag.

Advertisements

Vrydag.. naweek

Ek’t eendag iets gelees wat Pierre du Plessis geskryf het oor Vrydae. Die wat ek skryf is sommer my eie wat ek kan onthou daarvan. https://thisispierreduplessis.com

Moenie elke week om wens nie , moenie heeltyd sê “as dit maar Vrydag kan wees nie”

Jy mis so baie as jy elke dag om wens.

Wat van al die mooi van elke dag?

Die lag en bly wees?

Die hartseer en die deal met emosies elke dag?

Leef dit , leef daai emosies , leef die mooi elke dag, en dan sal Vrydag sommer gou wees.

Tydsaam

Soms vat sekere situasies tyd. Of mense is tydsaam met dinge wat gedoen moet word.

Deur dit als is geduld belangrik,maar o wee dít is ook ‘n ander ding wat nie so maklik is of aangeleer word nie.

Ons as mense ry eerder op die skouer van die pad dat die klippe spat,en stofwolke dig soos mis hang voordat ek wag vir die verkeerslig om groen te word.

Daars vele ander dinge wat geduld toets,en meeste kere verloor ek die wedtryd.

Hoe gemaak dan…

Dalk moet ek net gods water oor gods akker laat loop;en dan die stroompie volg na groen weivelde en waters waar rus is.

Sela.

Ouer mense wat jonk was eens op ‘n tyd.

20 jaar klink nie na so lang tyd nie,maar wanneer jy met mense praat wat jy 20 jaar laas gesien het;dan kan dit lank wees.

Daai tyd was ons jonk ek 25 en hulle 20 , amper tieners nog maar tog nie. Maande se rondry in ‘n Toyota Venture. Ure op paaie en stofpaaie.Kringe om die maan en die geklop op die aarde.Die Gamtoos en Karoo,Vrystaatse vlaktes en die Noord Kaap. Dit was ons toé. En nou..

Nou is ons almal,of amper veertig of halfpad vyftig toe al.

Hulle het kinders en doen drugs,ek het ook al dagga gerook,en dit het my siek gemaak.

Wel nie almal doen drugs nie net een ou wat ook Pa is.

Wat gebeur in 20 jaar se tyd? Die lewe gebeur.

Ons het nooit gepraat oor wat ons wil doen,met wie ons getroud of saam wie jy jou lewe wil deel nie. Ook het ek nooit gedink dat ek deel sou wees van “new families” nie. ‘n Pa van twee as deel van ‘n moderne gesin,”hersaamgestelde gesinne” het ek al van gehoor en nou is ek deel van dit. En dit is lekker om Pa te wees;geen boek leer jou nie. Dag vir dag vat ek dit soos dit kom.Dis al wat ek kan doen.

Dit vat langer as gewoonlik om die blog te skryf,meer soos dae as ure.

Hierdie krap diep maar dis nodig.Marinus het gevra wat soek ek daar?20 jaar gelede?Ek soek daai “familie”gevoel van toe,onskuld en die toekoms van toe wat nou is. Maar hulle is weg,soms net gedagtes en herinneringe,maar tog nog daar.

Ek het my familie,sonder aanhalingstekens. En ek is lief , en ek word gelief.

20 jaar is die moeite werd om geleef te word. Leef …

Hoe dit is

Steve Hofmeyer sing mos “Dis hoe dit is”

Hoe is dit dan met als wat in ons wêreld gebeur ? Suid- Afrika het gestem, en Cyril kraai koning; weer.

Spekulante reken dalk 5 jaar, of wie weet hoe lank.

Ons gaan terug op dit wat reeds gebeur het,maar dalk moet ons vir ‘n slag vergewe en fokus op hoe dit kan wees,en daaraan begin werk.

Ons kan nie sommer vergeet nie maar ons kan vergewe. Dit gaan oor jouself nie die ander om jou nie.

Diep en asem

“Haal diep asem en ontspan, flippit , wanneer laas het ek dit gedoen? Té lank terug.

Wel so voel ek na maande se werk en hardloop , nie letterlik hardloop nie , ek sal vrek neerslaan iewers langs die pad as ek moet hardloop.

Langs die pad het ek wel iets verloor met tyd ; net om stil te staan of te stop en die lewe te sien en te aanskou.Of ‘n foto te neem van mooi.

Al wat ek kan doen en vertel is dit , ek is rustig, en ek moet rustiger want dan leef ek meer.