Blaai en scroll jou brein weg.

eie foto iewers in KZN een winter.

Dit het my ‘n rukkie geneem.

Blaai – blaai scroll tot vervelens toe , ure en ure later sit ek die foon neer, hoofpyn gekyk na mense en hul dinge; soos in die Huisgenoot van vroeër dae , voor Internet en Google .

Die dae toe ons biblioteek moes gaan en net  Wêreldspektrum of Kennis gehad om skooltake te doen. Jy moes karton koop by CNA , prentjies afrol, uitknip met Pritt plak; dit nadat jy met die Pritt buisie spinnerakke getrek het met jou vingers .Als is net vinniger en Mammas doen in elk geval die take omdat die kinders so besig is ;en ek dink dis bederf; met WIFI , streaming, sport, perdry en als.

Wel deesdae Google ons als, wie se als is waar anyway op Google? Mense en hul kennis is mos nie altyd waar nie? Die WWW het ons breine en lewens oorgevat.

Sosiale media , wat is so sosiaal daaraan ?

 Het jy al families dopgehou wat op hul fone “social media” ? Hulle kyk nie op nie , families gaan eet uit maar niemand sê niks , die kinders op die tablet besig met Fortnite of so iets,net sodat Pa en Ma, Ma en Ma , Pa en Pa net in vrede kan eet en nie die geneul in die ore moet beleef nie.

Gaan jy Pretoria Dieretuin of is dit deesdae Tshwane Dieretuin toe kry jy geen gholfkarretjie vir jou en jou gesin nie, want als is uitgeboek met groepies gamers wat Pokemon en sy maatjies soek .

Wel dalk maak die dieretuin darem geld om navorsing te doen vir die voorbestaan van sekere spesies , da tons die spesies nie  net kan sien in museums wat in elk geval verval het  in Suid Afrika;of Nat Geo Wild moet kyk hoe olifante en renosters gelyk het nie.

Leeus en so aan sal seker darem nog ‘n rukkie bestaan.

Scroll scroll tot vervelens toe en mis als rondom jou.Die dae van by die venster uitkyk iewersheen oppad is verby.

Screen time om jouself te toets hoelank jy op jou foon was en met watter toep, watse kak is dit ?

Wat de donner gaan met ons breine aan ? Die konsep van die global village is toe waar , ons wêreld het verklein tot ‘n spikkel op ‘n foon .

En saam dit het ons vermoë en breine verklein sodat ons nie meer vir onsself wil of kan dink nie .

Ruk jouself dalk net eens weer uit jou foon se brein en gebruik jou eie .

Hou op scroll en als glo wat jy lees of wat iemand share , sharing is lankal nie meer caring nie , eerder om jou ook te vergal met onwaar siek stories.

Dis al.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s