Ouer mense wat jonk was eens op ‘n tyd.

20 jaar klink nie na so lang tyd nie,maar wanneer jy met mense praat wat jy 20 jaar laas gesien het;dan kan dit lank wees.

Daai tyd was ons jonk ek 25 en hulle 20 , amper tieners nog maar tog nie. Maande se rondry in ‘n Toyota Venture. Ure op paaie en stofpaaie.Kringe om die maan en die geklop op die aarde.Die Gamtoos en Karoo,Vrystaatse vlaktes en die Noord Kaap. Dit was ons toé. En nou..

Nou is ons almal,of amper veertig of halfpad vyftig toe al.

Hulle het kinders en doen drugs,ek het ook al dagga gerook,en dit het my siek gemaak.

Wel nie almal doen drugs nie net een ou wat ook Pa is.

Wat gebeur in 20 jaar se tyd? Die lewe gebeur.

Ons het nooit gepraat oor wat ons wil doen,met wie ons getroud of saam wie jy jou lewe wil deel nie. Ook het ek nooit gedink dat ek deel sou wees van “new families” nie. ‘n Pa van twee as deel van ‘n moderne gesin,”hersaamgestelde gesinne” het ek al van gehoor en nou is ek deel van dit. En dit is lekker om Pa te wees;geen boek leer jou nie. Dag vir dag vat ek dit soos dit kom.Dis al wat ek kan doen.

Dit vat langer as gewoonlik om die blog te skryf,meer soos dae as ure.

Hierdie krap diep maar dis nodig.Marinus het gevra wat soek ek daar?20 jaar gelede?Ek soek daai “familie”gevoel van toe,onskuld en die toekoms van toe wat nou is. Maar hulle is weg,soms net gedagtes en herinneringe,maar tog nog daar.

Ek het my familie,sonder aanhalingstekens. En ek is lief , en ek word gelief.

20 jaar is die moeite werd om geleef te word. Leef …

Leave a comment